Herout
20 SEPTEMBER 2026
WELKOM BY VANDAG SE EREDIENS!
Ds. Neville Boy
Skriflesing: Rigters 16: 21 (1953-vertaling)
Teks: Rigters 16: 28- 31
Tema: God gebruik ons as instrumente om Sy raadspal te vervul
• Inleiding
• Donker verlatenheid
• Die hoop op uitkoms
• Die vervulling van God se plan
• Slot
Sing:
Psalm 89: 1, 2 Psalm 38: 1, 8 Psalm 62: 1, 8 Psalm 20: 2, 4 Psalm 90: 1, 9
RONDOM DIE EREDIENS
KOLLEKTE:
Swartsakkies
Liefdesdiens en Meelewing
Groensakkies
Evangelisasie
Diensbeurt:
Wyk Boschfontein
Diensbeurt volgende Sondag:
Wyk Fairfield
GEMEENTE AKTIWITEITE
VANAF KERKRAADSTAFEL:
Predikantshuisbesoek hierdie kwartaal:
Bergsig en Tambotie-Wes
Daar is ’n kort toerustingsgeleentheid na die diens. Ons vra dat almal hulle sitplekke inneem na die uitspreek van die seën. Daar sal geen Kategismus verklaring wees as gevolg hiervan nie.
Daar vind bevestiging van ’n diaken vanoggend plaas.
Ds Neville is hierdie week met verlof.
Volgende week vertrek Ds Neville en oud. Gys Oosthuizen Zambia toe om lidmate daar te gaan besoek. Ons vra voorbidding daarvoor.
KATKISASIE:
Katkisasie opening na die diens. Almal is welkom.
Senior Katkisasie
Berei voor vir Sondag 11 Oktober Heidelbergse Kategismus Sondag 48 - 52.
BYBELSTUDIE:
Bybelstudie vanmiddag om 16:00 by die pastorie. Almal is welkom. Ons behandel Jesaja 7.
MEELEWING
Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom! Psalm 90 :1
Ons vra voorbidding vir ons lidmate wat dit moeilik vind om kerk toe te kom of glad nie kan kom nie.
Hartlik geluk aan ons lidmate wat hierdie week verjaar.
Vandag 20 September:
Br. Jan-Adriaan du Plessis
Sr. Karin Erasmus
Donderdag 24 September:
Br. Gerhard Booyens
Sr. Elanie van der Walt
n Geseënde nuwe lewensjaar word u toegebid.